Moorreesburg

The Breadbasket of the West Coast

Moorreesburg Sixes

Moorreesburg Sixes

Al die voete lei na Moorreesburg op 30 November vir die Moorreesburg Sixes op die Gene Louw Sportgronde, Moorreesburg! Baie pret en plesier, ontbyt, lekker eetgoed, kindervermaak, bier en wyntuin, snuistery stalletjies, 45 van Overberg se verskaffers wat hul produkte gaan uitstal, skape op die spit vir die beste vleisrolletjies en vele meer! 12 Krieketspanne gaan deur die loop van die dag meeding teen mekaar met die mees ‘talentvolle’ spelers wat dan gekies word vir die gesogte Moorreesburg Sixes DreamTeam… – of vir hul talent of dalk vir hul toeskouervermaak – …met bekendes wat ook spanne gaan vorm vir bietjie glitz en glam! Ernstige krieket wat gepaard gaan met baie kwinkslae en grappies, met heeltydse pittige kommentaar!