Malmesbury

The Heart of the Swartland

3 Susters

3 Susters

Met Lizz Meiring, Margit Meyer-Rödenbeck en Nicole Holm. Teks deur Louis Pretorius en regie deur Tara Notcutt. Die OPTOG! kombi is op pad en drie van Suid-Afrika se beste aktrises sit die agtersitplek vól! Kom reis saam met drie susters deur die slaggate en mynvelde van verhoudings, vrou- en ma-wees.

Christine, Anel en Bianca se vlug na Thailand is vertraag. Dis Christine se 50ste verjaarsdag en dis die tweeling se geskenk aan haar. Hoekom moet Anel en Bianca altyd inmeng? 'n Bord sushi sou net so goed gewees het. Sy weet hulle is familie, maar hulle weet ook sy's bang vir vlieg.